Beachcomber Bay
Bed & Ontbyt Verblyf in Margate
Bespreek aanlyn of kontak ons per E-pos
Foon 039 317 4473 of Sel 083 372 3793

Absoluut idiaal gelee op ‘n koppie met 180° ononderbroke brander en seeuitsig en eie private toegang tot die goue strand. Hierdie elegante Gastehuis kombineer absolute gemak in ‘n eg tradisionele tema en styl.

Seeuitsig vanaf die huis en die ruim stoep is iets om te waardeer. Al ons slaapkamers het seeuitsig behalwe die familie eenheid No 8. Al die kamers het hul eie private ingange behalwe die dakwoonstel No 6. Die kamers is ten volle toegerus met TV’s dakwaaiers, ‘n kluis en die maak van koffie/tee fasiliteite. Geniet heerlike keuses van Tradisionele, Gesondheids, Kontinentale of Engelse ontbyt, bedien deur persoonlike diens en warm hospitaliteit.

3 Blou Vlag swem strande, Margate Noord (Lucien), Ramsgate en Marina Strand) is binne kort bereikare afstande. Slegs 10-45min se aangename rit bring jou by party van die 8 agtien-punt golf bane insluitende die bekende Selbourne Park, San Lameer en die Wilde Kus. Menige genotvolle besienswaardighede, wonderskone ritte en ‘n verskeidenheid van goeie kwaliteit restaurante is binne bereik vanaf die gastehuis.

Gespanne, oorwerk, moeg vir al die stad se lawaai en gewoel of wil jy net weer jou sisteem herstel,
maak van Trevor en Sharon se gasvryheid gebruik.
“SLUMBER TO THE SOUNDS OF THE SEA”