HillBillion
Selfsorg Verblyf in Oslo Beach
Kontak ons per E-pos
Foon 039 685 6080 of Sel 082 524 7209

HillBillion Hotel, styl en luuks langs die pragtige kuslyn.
Gerieflik geleë naby Shelly Beach, hoog op ‘n heuwel net bokant in Oslo Beach. Dit is een van die mooiste, verborge juwele op die KwaZulu-Natalse Suidkus. Met die jaarlikse beskikbaarheid en ‘n produk wat voorsiening maak vir verskeie markte, wat wissel van vakansie tot konferensies vir Pa en Seun golfpakette, dit is die plek om by te wees.

Die uitsig oor die warm Indiese Oseaan aan die een kant en panoramiese uitsigte en die ander kant komplimenteer met terrasseduine en uitgestrekte grasperke.
Ons verseker u ‘n onvergeetlike vakansie in ons elegante onderneming.
Ons bied basiese konferensie fasiliteite aan, Golf pakkette en Toere; Selfsorg en Hotel verblyf;
“Dit gebeur alles by …. Hillbillion”

Verskeie opsies is beskikbaar vir ons gaste. Dit wissel van ons Golfershuis na selfsorg-woonstelle, tot by ons wittebrood-suite met ‘n driehoekige bad en al die noodsaaklike geriewe. Ons het ‘n volledig gelisensieerde restaurant en ‘n sportbar in die hotel. Ligte etes is elke dag beskikbaar vanaf 07:00 tot 12:00. Na 12h00 is ons a la carte-spyskaart by die restaurant beskikbaar. Spesiale dieet vereistes kan geakkommodeer word indien gereël voor aankoms. Ons kroeg maak om 11h00 oop, maar kan vroeër op spesiale versoek beskikbaar wees. Wegneem etes of piekniekmandjies vir groepe of gesinne kan op versoek gereël word. Praat met ons oor die spesiale geleentheid of viering en sien wat ons vir julle saamstel!

Ons het ‘n bykomende sekuriteitsfunksie, wat aangevul word deur ‘n sekuriteitswag wat elke aand van 18h00 tot 06h00 aan diens is.