Claridges 105
Selfsorg Verblyf in Ramsgate
Kontak ons per E-pos
Sel 083 557 3647

Hierdie pragtige twee slaapkamer duplex woonstel kan gemaklik 4 volwassenes en 2 kinders akkommodeer.

Die woonstel is ideaal vir ‘n wittebroodspaar wat langs die verligte hoofstrand met sonsondergang wil stap, of na ete net mekaar se maatskappy wil geniet.

Onderste vloer: Hoofslaapkamer, dubbelbed plus enkelbed langs trappe. Geniet ontbyt op die stoep of op die bed in die hoofslaapkamer terwyl jy die uitsig geniet en die see hoor en ruik.
Boonste vloer: Oop plan sitkamer/eetkamer met 1 enkelbed. 2de slaapkamer het 2 enkelbeddens. Toegeruste kombuis en badkamer met stort oor bad. TV met OpenView dekodeerder, vir DSTV, bring eie dekodeerder, kaart en kontrole.

Gemeenskaplike braaiplek in die tuin en parkering vir een voertuig en ‘n sleep waentjie.
Vir ‘n dag op die strand is jy slegs 100m van die Ramsgate hoofstrand en gety swembad.
Kinders kan die waterballonne op Ramsgate se strandmeer geniet tydens skoolvakansies asook roei bote.

Binne loopafstand; goeie seekos restaurante, kuns gallerye, ens. Spar, apteek, dokter en vulstasie binne 1km. Ramsgate Skiboot baai bootloods en swemstrand binne 2km.
Margate se hoofstrand is binne 4min en Port Edward 20min se ry. Daar is verskeie besigtings waardighere op pad na Port Edward soos plaasstalletjies, Mc Banana-lekker pannekoeke. Verby Port Shepstone is die Lake Eland Wildreservaat in Oribi Gorge en in Durban die U’Shaka Marine World.