Pumba Wildernis
Wanneer ‘n mens die woord wildsplaas hoor, sien jy beelde van wild, natuurlewe, natuurstap,bergfiets ry, voëlkyk, wildsritte en ‘n heerlike bosveld wegbreek. Kombineer hierdie met rustigheid, egte bosveld gasvryheid en asemrowende natuurtonele en jy het Pumba Wildernis Wildsplaas gevind.
GPS: S24 09 45.2 E27 33 08.5
63km vanaf Thabazimbi, 62km vanaf Vaalwater en 65km vanaf Lephalale (Ellisras).
Francois Engelbrecht
Sel: 082 820 1568
Die Oog vakansie-oord is een van die land se voorste warmbron-vakansie-oorde. Die Oog kry sy naam van die natuurlike warmbron op die terrein waar die boorgatwater 42 grade Celcius is. Vriendelike Bosveld atmosfeer, gematigde klimaat en verskeidenheid van fasiliteite maak dit ‘n gewilde bestemming. Die oord is ideaal geleë vir ‘n maklike naweek-wegbreek minder as 2 ure van Gauteng af, op snelweë en teerpaaie tot by ons hek. Die oord is gemik op die familie en ons maak spesiaal voorsiening vir kinders van alle ouderdomsgroepe sodat die ouers ook kan rus! Ons bied verskeie akkommodasie-opsies wat verskillende tipe selfsorg-eenhede insluit, asook karavaan- en kampeerstaanplekke en ons selfsorg Safarikamp.
Tel: 014 743 4600
S 24 26’ 50,5” en E 28 37’ 04,0”
Naboomspruit
Limpopo