Lake Eland
Wild Reservaat in Oribi Gorge
Kontak ons per E-pos
Foon 039 687 0395
Bosveld, Grasland, Hoogland langs die kus is die vier spesifieke ekosisteme wat besoekers 'n unieke geleentheid aanbied om wilde diere soos Kameelperde, Blou Duikers, troppe Zebra's, Wildebeeste, Elande en moontlik die skaam Bergrietbok of 'n Bosbok te kan besigtig. Voelliefhebbers moet op die uitkyk wees wanneer hulle al reeds die majestieuse Oribi Gorge deur die masiewe kliphange van "Hells Gate" binnegaan vir die "Narina Trogan"," Starred Robin", die Knysna Houtkapper, en by die dam 'n Visarend om maar net 'n paar te noem van oor die 200 spesies wat tot op hede geidentifiseer is. Op die grasvlaktes sien 'n mens dikwels 'n "Ground Hornbill", 'n Sekretarisvoel en die 'Martial Eagle".
Geniet die gesellige atmosfeer van die natuur in ons ten volle toegeruste selsorg houthutte (hulle word gediens ook) Elke hut het sy eie beskutte braai fasiliteit en 'n stoep wat uitkyk oor die dam. Ons het ook 'n Kampeer en Karavaan gebied met lekker warm storte, elektrisiteit, abolusieblokke en opwas fasiliteite. 7 Selfsorg houthut - akkommandeer 5 mense per hut, Park home - akkommandeer 12 mense, 6 B&B eenhede en Kampering.