Thandulula
Luukse Tent Verblyf in Southport
Kontak ons per E-pos
Foon 039 681 3755 of Sel 082 430 3334

By THANDULULA kan jy jouself bederf met verskeie genietinge. 'n Tuinhoekie wat deur God geskep is om gewaardeer en geniet te kan word. 2, 3 en 4 Tent slaap eenhede is beskikbaar. Daar is vir die meer avontuurlustiges of vir die wat jonk is van gees 'n aparte tent waarin 2 mense kan slaap saam met die eenhede.
Omring deur die geluide wat die natuur jou bring soos net die stilte of die sagte en soms harde geruis van die see. Leer ken die snaakse roep van die Boomdassie en geniet met groot waardering die rykdom van die lewe. Die strande die naaste aan ons is Southport, Banana Beach, Umtentweni en ons is 1,5km vanaf die see. Die eiendom grens aan die rivier met 'n ongeskonde natuurlewe. Wanneer die riviermond toe is, sal julle met 'n roeiboot na die see kan roei.
Verskeie kleinwild kom voor op die eiendom daarom moet julle asb. nie die apies voer nie want dan word hulle heeltemal 'n oorlas. Ons lieflike en verskeie voellewe kan ure van genot verskaf deur net te ontspan en te luister.

Die tent is ten volle toegerus – badkamer,kombuis met 'n mikrogolfoond, 'n 2 plaat stoof met 'n oond, yskas en al die eet/kookware toerusting. Linne en badhandoeke word voorsien. Bring net jul eie kos, drank, klere en swemhandoeke saam. Elke tent het sy eie braai gebied - maak asb. daarvan gebruik wanneer julle 'n vuur aansteek. Die tente het 'n alarmstelsel en is deur 'n elektriese heining omring. Ouers maak asb. seker dat julle kinders daarvan weet.


Die Bestuur hou hulself nie verantwoordelik vir enige persoonlike verlies of eiendoms beskadiging gedurende jul verblyf nie. Geen diere toegelaat nie. U kom na die natuur konsidireer dit asb. veral laatnagte en musiek. Hierdie klein hoekie van God se natuur is vir ons baie kosbaar. Ons hoop dit sal ook vir julle kosbaar word en dat ander na julle die kosbare natuurskatte van Thandulula ook sal kan waardeer!

  • MM slash DD slash YYYY
  • MM slash DD slash YYYY