Suidkus

Anguna
Die kompleks bestaan ​​uit 6 woonstelle, 3 op die grond en 3 op die eerste vloer. Elke woonstel bestaan ​​uit 3 slaapkamers en slaap 6 mense in totaal en is ten volle gemeubileerd en toegerus. Die kompleks is binne 100m van die beskermde Lucien (Margate) swemstrand.  Meer inligting….

Juanita 401
4 Slaapkamer Dakwoonstel op die Strand van Margate, 180 uitsig oor die strand van die Indiese Oseaan. ‘n Groot onderdak balkon met ‘n gasbraaier en gemaklike balkonmeubels. Sateliet TV in die sitkamer en die hoofslaapkamer… Meer inligting….

Lake Eland Wild Reservaat
Bosveld, Grasland, Hoogland en langs die kus is die vier ekosisteme wat besoekers ‘n unieke geleentheid aanbied om wilde diere soos Kameelperde, Blou Duikers, Zebra’s, Wildebeeste, Elande en moontlik die skaam Bergrietbok of ‘n Bosbok te kan besigtig. . Meer inligting….

Thandulula
‘n Tuinhoekie wat deur God geskep is om gewaardeer en geniet te kan word. 2, 3 en 4 Tent slaap eenhede is beskikbaar. Daar is vir die meer avontuurlustiges of vir die wat jonk is van gees ‘n aparte tent waarin 2 mense kan slaap saam met die eenhede. Meer inligting….

Noordkus

Mtunzini Forest Lodge – 400m vanaf die ongerepte strand 90min vanaf Durban aan die Noordkus van KwaZulu-Natal. Vaar op ‘n trekskuit & kyk of jy Visarende, sebras, rooiduikers, bosapies & bosvarke  kan sien. Prettige boomhuisies wat 4 tot 6 mense kan akkommandeer. DStv, ‘n braaiplek, swembaddens, speletjieskamer en daar is ‘n restaurant met ‘n kroeg en ‘n grootskerm – TV.

Tel: 035 340 1953
Sel: 083 894 4497
www.mtunzini.co.za/mtzforest.htm

Bonamanzi Wildreservaat bied ‘n verskeidenheid akkommodasie opsies wat by die meeste behoeftes pas. Dit is nie ‘n Groot 5 – area nie dus is dit uiters geskik vir gesinne met jong kinders. Met ‘n opgeleide veldgids gee dit vir die kinders ‘n geleentheid om van naby met  die kleinwild, en uitsonderlike voellewe  kennis te maak. Bonamanzi is beroemd as een van die land se beste bestemmings vir voelliefhebers. Daar is 408 spesies onder meer ‘n hele aantal endemiese en bedreigde voelsoorte soos die Dubbelbandslangarend, ‘n visuil en die Koekoekvalk. Bonamanzi het ook ‘n paar Renosters & Olifante.

Sel: 081 339 4181
GPS:
S 28 degrees 03.268″, E 32 degrees 17.389″