Hier op die oewer van die Rietspruitdam Ontspanningsoord kamp jy byna letterlik met jou voete in die water. Die skaduryke wilgerbome bokant jou kop en die lowergroen gras onder jou voete maak hierdie oord ‘n paradys vir buitelug liefhebbers. Die kampeerstaanplekke is ruim en gelyk, elk met ‘n braaier, kragpunt en toegang tot ‘n waterpunt. Die ablusieblok is stapafstand van al die staanplekke. Hierdie dam se voedingsbron vir sy skoon water is Die Oog van Schoonspruit en daarom ideaal vir visvang- en watersportgeesdriftiges. Die oord bied ook fasiliteite soos ‘n swembad, kiosk, fietsrybaan, speelpark en ontspanningsaal vir die jongklomp.

Sel: 083 626 8155
Ventersdorp
Noordwes