Tuin van Eden is geleë op ‘n plaas tussen die hange van die suikerbosrand riviervallei met pragtige uitsig oor die berge en dale. Ons is 15 km vanaf Heidelberg in Gauteng en net 40 minute vanaf die suide van Johannesburg en die Oos-Rand. Pretoria is ‘n 70 minute se rit. Ons rustieke klip saal, gebou van die yster klippe op die plaas, is die perfekte omgewing om u trou ontvangs of ander funksies aan te bied. Die klip saal kan tot 220 gaste sit en het genoeg dansruimte.

Heidelberg, Gauteng
26°35’50.1″S 28°26’41.9″E
Tel: 071 677 0921

Bloemhoek B&B. Ons bied warm gasvryheid en gemaklike akkommodasie vir die toeris of besigheidspersoon. Bloemhoek is in ‘n groen tuin en rustige omgewing gelee waar jy wakker word deur die klank van die voëls. Rus en ontspan onder die gesellige gazebo met uitsig oor ons pragtige tuin. Ons is sedert 1995 in besigheid en is trots op ons gaste se tevredenheid. Elke kamer het sy eie ingang en ons gaste is verseker van totale privaatheid.

Tel. 012 654 6302
73 Oxford Straat
Clubview, Centurion
Pretoria