Paddle Power River rafting is baie pret. Jy het 2 mense in ‘n opblaas vlot / boot en jy roei vir ongeveer 5 km langs die Krokodilrivier en die roei neem ongeveer 2 uur. Ons neem kinders vanaf 7 jaar opwaarts. Of ‘n ouer / voog gaan saam met die kleintjies of ons sit hulle in ‘n vlot met ‘n gids. Elkeen word toegerus met ‘n reddingsbaadjie en ‘n helm.
Ons is geleë by die T-aansluiting van die R512 en R104, Broederstroom.
Tel: 012 205 1278
Sel: 082 561 0056 (Pat)
Skiworld. Kom geniet ‘n paar uur se watersport pret en breek uit die stadslewe uit. Leer om te ski en wakeboard of ‘n opwindende buiterrit vir minder avontuurlike aksie. Ons bied ook ‘n ontspannende bootrit op die pragtige Benoni-meer. Ons is 15 minute van die lughawe geleë en bied op aanvraag shuttle dienste aan.
1 Country Lane, Benoni
Tel: 011 421 6701
Ground Zero Adventures is ‘n avontuurmaatskappy wat aktiwiteite op die Krokodilrivier bied. Rivier Rafting: Geniet in die skoonheid van ons plaaslike Jukskei- en Krokodilriviere op ‘n voldag of halfdag roetes. Hanteer vlak een en twee stroomversnellings terwyl u ‘n avontuurlike buitelug ervaring geniet, u word gelei deur ons hoogs gekwalifiseerde gidse. Rivier Tubing: Ontspan as terwyl jy op ‘n skilderagtige reis stroomaf geneem word op die Junkskei en Krokodil riviere. Ideaal vir groepe en vir diegene wat op soek is na ‘n buitelug avontuur ervaring, sonder die adrenalien stormloop.
Plot 98 Pelindaba Weg,
R512, Lanseria
Sel: 071 352 4341