Gesigsbehandeling – deur Saartjie De Wet.
“Gesigsbehandeling het ses basiese stappe, maar dit word volgens elke persoon se unieke veltipe aangepas deur die gebruik van verskillende aktiewe bestanddele wat in die produkte voorkom. So is daar verskillende produkte vir ‘n olierige, ouer of probleemvel – en selfs ook vir die normale vel.
1. Reiniging: Die vel word skoongemaak van al die eksterne elemente wat bo-op die vel lê, sowel as die vel se natuurlike olies wat afgeskei word. Die reinigingsproses is ook die eerste stap om die vel voor te berei vir die stappe wat volg.
2. Afskilfering: Hierdie is een van die belangrikste stappe om van al die dooie selle wat bo-op die vel lê ontslae te raak. Dit is ‘n noodsaaklike proses om die vel weer vars en gesond te laat lyk en moet ten minste een maal per maand gedoen word. Daarsonder vertoon die vel grys en dooierig. Die proses bevorder bloedsirkulasie na die vel en daarmee saam die opneem van voedingstowwe in die selle.
3. Stoom: Dit is die stap wat die vel se porieë oopmaak sodat onsuiwerhede verwyder kan word. Dit help ook om die vogbalans te herstel en die vel te hidreer. As die vel gedehidreer is kan fyn lyntjies orals gesien word.
4. Serum: Sodra die vel skoon is en alle dooie lae vanaf die oppervlakte verwyder is, word ‘n serum op die vel geplaas. Die serum is die produk wat die vel die diepste penetreer en die grootste rol speel as dit kom by teenveroudering, vernuwing en herstel van die vel. Dit is baie belangrik dat die terapeut die tipe serum wat sy gaan gebruik, en die redes daarvoor, met die kliënt bespreek.
5. Masker: Alles wat weggeneem is moet in die vel teruggesit word. Die vel moet beskerm word teen alle eksterne elemente en dit is die masker se taak. Dit is die “poeding” van die gesigsbehandeling en rond die hele proses mooi af. Die masker werk hand in hand met die serum om te voed, te vernuwe en om teen veroudering in te werk. Die kliënt moet gewoonlik tussen 10 en 15 minute met die masker lê, terwyl haar voete of hande gemasseer word.
6. Bevogtig: Nadat die vel gevoed is, moet dit bevogtig word. Wanneer die kliënt die buitewêreld betree moet daar ‘n beskermende lagie op die vel wees wat die aanslae van sonstrale, besoedeling en ander faktore wat die vel mag beskadig, kan weerstaan. Dit is noodsaaklik dat daar altyd gekyk word na ‘n sonfaktor in die bevogtiger, veral in die sterk son waaraan ons daagliks blootgestel word.”
text
text
SALONBEHANDELINGS VIR JOU NAELS
Om jou naels by ‘n Salon te laat manikuur is vir elke vrou ‘n heerlike ontspanne sessie, van lekker gesels met jou Terapeut oor watter soort Manikuur behandeling jy wil he, drink ‘n lekker koppie Tee of ‘n Cuppocino skuimpie die uitsoek van ‘n mooi naellak kleur en net ontspan.
GEWONE JEL-MANIKUUR – WAT IS DIE PROSEDURE
‘n Jel-Manikuur voorkom dat jou naels nie maklik breek nie. ‘n Opgeleide Salon terapeut vyl eers al jou naels mooi, druk saggies jou naelvelletjies terug en dan verf sy die Jel naellak van jou keuse op jou naels. Om die naellak droog te kry word ‘n LED – lig gebruik.
DOOP-MANIKUUR – GELISH DIP
Vir die vrou wat baie met haar hande werk want die formule is effens harder as ‘n Jel-manikuur maar nie so hard soos ‘n Akriel-manikuur nie.
Eerstens verf die terapeut ‘n spesiale basislaag op al jou naels, dan doop sy jou naels in ‘n poeier in die kleur van jou keuse, wag ‘n rukkie en skud dit dan af. As die verlangde kleur nog nie verkry is nie kan die proses herhaal word. ‘n Aktiveerder & nog ‘n basislaag word dan bo-oor geverf en met ‘n bolaag afgerond..Die formule word dadelik droog sonder dat ‘n LED-of UV-lig gebruik word. Na 2 weke kan jy net die dele wat onder jou naels uitgegroei het laat opvul. Die behandeling moet na ‘n maand verwyder word.
AKRIEL-MANIKUUR
‘n Poeier word met ‘n vloeistof gemeng om die formule te skep wat baie harder is wanneer dit op jou naels droog word. Die voordeel van ‘n Akriel-manikuur is dat jy jou naels ‘n paar keer van agter kan laat opvul voordat jy die produk heeltemal laat verwyder.
SALONBEHANDELINGS VIR BROS, DUN BESKADIGDE NAELS
Behandelings met voedingstowwe van unieke olies,Serums & self CC-rome word gebruik om vinger – en toonnaels te versterk & fyn groefies op te vul.
Die IBX behandeling maak gebruik van 2 produkte. Eerstens word ‘n IBX Repair produk wat lyk soos ‘n deursigtige naellak deur die opgeleide terapeut op die naels geverf. Dit help om die skade aan jou naels te herstel soos wit vlekkies te vervaag, fyn groefies in te vul,en splintering van naelpunte te voorkom. Die 2de produk is om jou naels te versterk. Beide produkte word afsondelik onder ‘n warm lig verhit sodra dit aangeverf is en dan met ‘n LED-lig drooggemaak sodat dit jou naels kan binned ring om dieper te werk in jou naels. Die behandeling kan op sy eie of saam met ‘n gewone manikuur of Jel-manikuur gedoen word.
text
text